David Mabuza oor sy gesondheid

Adjunkpresident David Mabuza van Suid-Afrika sê sy gesondheidstoestand keer nie
dat hy sy pligte nakom nie. Mabuza het reageer op ‘n vraag van die DA in die buurland
se parlement oor sy lang verblyf in Rusland vir mediese behandeling. Hy het die
versekering gegee dat die regte verslagprosedures in sy afwesigheid gevolg is. Mabuza
sê soos enige ander Suid-Afrikaner het hy die vryheid om sy mediese praktisyn te kies.