Data Privaatheidsdag Vrydag herdenk

Die Inligtingsreguleerder in die buurland gaan op Vrydag 28 Januarie ‘n Internasionale Data-privaatheidswebinaar aanbied met die tema: “Data-privaatheid en POPI: ‘n Gesamentlike verantwoordelikheid in die beskerming van persoonlike inligting om kuber-misdaad te voorkom”. ‘n Woordvoerder, Nomzamo Zondi, sê Data Privaatheidsdag is ‘n internasionale geleentheid wat elke jaar gehou word. Die doel daarvan is om die beste manier vir privaatheid en data-beskerming te bevorder. Sy sê dit word tans in Amerika, Kanada Nigerië, Israel en 47 Europese lande gehou.