Dankie vir die skenkings – Nam-bloedbank

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het sy dank uitgespreek aan lede van die publiek vir hul bydrae om bloed te skenk. Daar is altyd ‘n behoefte aan bloed wat help vir kankerpasiënte, pasiënte wat operasies moet kry, chroniese siektes het, of traumatiese beserings opgedoen het. Namibiërs word vriendelik uitgenooi om bloed te skenk. Titus Shivute, woordvoerder van diens, is aan die woord.