Dankie Juffrou, dankie Meneer

Wêreld-onderwysersdag word vandag wêreldwyd herdenk. ‘n Namibiese onderwyseres, Ndeyapo Shikongo, het gesê onderwysers is ook leerders se ouers wanneer hulle ver van hul huise af is. Sy vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe Namibiese onderwysers vandag die dag vier.