Dankbaar dat laerskool leerders in SA ook terug is op die banke

Die Demokratiese Alliansie in KwaZulu-Natal het die aankondiging van die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshegka verwelkom dat die besluit oor alle laerskoolleerders wat moet terugkeer skool toe, verander en in die staatskoerant gepubliseer is. Die jongste veranderings maak voorsiening vir ‘n rotasiestelsel vir skole wat nie behoorlike afstand tussen leerders kan handhaaf nie of nie die nakoming van ander Covid-19 regulasies kan verseker nie. Imran Keeka van die DA sê die afkondiging in die staatskoerant verduidelik die proses vir skole waar daar nie daaglikse bywoning kan wees nie: