Danie Jordaan vas vir ‘onwettige aanhouding van wild’

Daar word verwag dat die bekende dokter, Danie Jordaan vandag aansoek sal doen vir borg nadat hy die naweek agter tralies was. Hy het reeds Vrydag sy eerste verskyning in die landdroshof op Okahandja gemaak. Hy is in hegtenis geneem op sy plaas naby Okahandja na ‘n gesamentlike ondersoek deur Nampol en die omgewingsministerie. Na wat berig word, word Jordaan daarvan beskuldig dat hy onwettig jag, en wilde diere aanhou en vervoer sonder die nodige permitte. Ses jagluiperds en twee bobbejane is by die saak betrokke. Die woordvoerder van die Namibiese polisie adjunkkommissaris Kauna Shikwambi sê die ondersoek duur voort en die inligting in haar besit is skraps.