Danie Jordaan hoor vandag oor sy lugvaart-lisensie

Uitspraak word vandag verwag in die saak waar die bekende dr. Danie Jordaan die hoërhof vra om ‘n beslissing deur die Namibiese Burgerlugvaart Owerheid dat hy nie meer as ‘n senior lugvaart mediese ondersoeker mag optree nie, ter syde te stel. Volgens Jordaan het die owerheid hom in Oktober 2020 in kennis gestel dat as gevolg van verskeie tekortkominge en foute wat deur ‘n oudit van sy mediese sertifisering van loodse opgetel is, dat hy nie meer in die gebied mag praktiseer nie. In nog ‘n skrywe ‘n paar weke later het die owerheid om ingelig dat hy weer ‘n kursus in die verband moet voltooi. In sy stukke het Jordaan melding gemaak van verskeie aspekte van die relevante regulasies en gesê mediese sertifisering vorm ‘n groot deel van sy mediese praktyk uit. Hy word ondersteun deur die Vliegtuig Eienaars en Loods Vereniging van Namibië. Die owerheid het die saak verdedig en regter Marlene Tommasi is op die regbank.