Damverslag wek week op week meer kommer
Die jongste damverslag wek meer kommer as ooit. Die sentrale gebied het net 19,4 persent bronne oor met Von Bach wat op 11,1 persent staan en Swakoppoort wat se vlakke gedaal het tot 38,6 persent. Die ooste is in ‘n penarie met bronne van 3,4 persent en Otjiverodam wat op 4,5 persent staan. In die Suide is Hardapdam op ‘n skamele 11,7 persent en net meer as 1,4 miljoen kubieke meter is in die laaste sewe dae onttrek. Vergaderings tussen NamWater en rolspelers vind op die oomblik op Mariental plaas. Verder Suid is die Nautedam 39,3 persent vol en by Rehoboth het Oanob 42,3 persent.