Dalk nuwe variant van Covid-19

Nuwe navorsing toon Suid-Afrika kan dalk met ‘n nuwe variant van Covid-19 te doen hê.
Daar word daarna verwys as die C.1.2-mutasie. Die New Frame-webtuiste vir
maatskaplike geregtigheid berig dit is die eerste keer in Mei in Mpumalanga en Gauteng
opgespoor. ‘n Maand later het dit ook sy verskyning in KwaZulu-Natal en Limpopo,
asook Engeland en China gemaak. Teen die middel van hierdie maand is dit in die Oos-
, Wes- en Noord-Kaap, asook Botswana, die Demokratiese Republiek van die Kongo,
Mauritius, Nieu-Zeeland, Portugal en Switserland opgemerk.