Daling in Covid-sterftes

Volgens High Economic Intelligence het Namibië ‘n totaal van 1 619 Covid-gevalle in die afgelope week gerapporteer wat gelykstaande aan 231 Covid-gevalle per dag is. Altesaam 114 sterftes is ook gerapporteer wat ‘n gemiddeld van 16 sterftes per dag is, 38 persent minder as die vorige week. Altesaam 8 290 mense het ook verlede week herstel, wat ‘n toename van 214 persent teenoor die vorige week is.