Daggabedryf in Suid-Afrika op R28 miljard beraam

Die LUR vir landbou in die Wes-Kaap, Ivan Meyer, sê die dagga-sektor bied enorme moontlikhede om sake-ondernemings te ontwikkel, plaaslike en buitelandse beleggings te lok, en waarde toe te voeg in die verwerking en vervaardiging van verskeie produkte vir plaaslike en uitvoermarkte. Hy beraam die Suid-Afrikaanse daggabedryf op 28 miljard rand en glo dit kan meer as 10 000 werksgeleenthede skep. Meyer sê hy sien daarna uit om die nasionale regering se Dagga-sleutelplan in werking te stel.