Dagga-verdagte vry op N$5 000 borg

Die 59-jarige man wat Saterdag in die Ombili informele nedersetting op Otjiwarongo gearresteer is met dagga ter waarde van 101 000 Namibiese dollar, is vry op borg van 5 000 dollar. Munika Nduhe se saak is tot 27 April uitgestel. Hy het aan landdros Karel Muyeghu gesê hy sal privaat regsverdediging bekom. Volgens wat berig word is Nduhe oor Paasnaweek gearresteer na ‘n klopjag by sy huis 53 pakkies dagga wat 10 kilogram weeg, opgelewer het. Die polisie se ondersoek duur voort.