Dagga-verbouing en -verbruik: Dis nog ‘n lang pad

Dagga is terug in die plaaslike nuus. Daar word berig dat die landbouminister, Calle Schlettwein ondersoek instel na die verbouing van dagga vir medisinale gebruik. Volgens hom, maak dit vanuit ‘n sake-standpunt, baie sin. Die gesondheidsministerie sal ook betrek word. Die Namibiese kabinet het onlangs die ministerie opdrag gegee om navorsing te doen in verband met die wettiging van dagga in die land en dit is volgens Johannes Gaseb, registrateur van die plaaslike medisyneraad, reeds aan die gang. Hy voeg by dat daar verskeie aanpassings aan wetgewing gedoen moet word.