Dagga-eskpo terug in Sandton

Een van Suid-Afrika se grootste uitstallings, die Dagga-ekspo, vind hierdie naweek in Sandton se Konvensiesentrum in Johannesburg plaas. Die uitverkoopte ekspo het meer as 100 uitstallers uit die bedryf gelok. Hulle sal produkte uitstal en inligting verskaf oor die voordele van dagga in die landbou, finansies en medisyne. Die direkteur van die ekspo, Silas Howarth, sê paneellede sluit kenners en verteenwoordigers van oor die wêreld in. Hulle sal aspekte van dagga in gesondheid, sake-geleenthede en regulasies bespreek.