Dagga en plaaswerkers – tree in gesprek met polisie
Boere word deur die Namibiese Landbou-unie aangeraai om die polisie te nader om hul voertuie en werkers te deursoek sou hulle bewus wees van plaaswerkers wat dwelms gebruik. Dit volg na verskeie voorvalle in die Karas-streek waar boere by padblokkades voorgekeer en los pakkies dagga in hul voertuie gevind is. Werkers wat saam gereis het, het gesê die dwelms behoort nie aan hulle nie, met die boer wat dieselfde beweer. Almal is volgens die wet vervolg en aangekla. Boere word ook aangeraai om met die polisie kontak te maak om gereeld met hulle te vergader oor die probleem van veral dagga, wat blykbaar toenemend voorkom onder plaaswerkers.