Dagga as verbode middel in atletiek? Dalk nie meer vir lank nie!

Die Wêreldagentskap teen Opkikkers sê dagga sal tot in 2022 ‘n verbode middel bly, maar die kwessie sal volgende jaar hersien word. Die aankondiging volg kort nadat die Amerikaanse naelloper, Sha’Carri Richardson, net voor die Olimpiese Spele in Tokio vir 30 dae geskors is ná ‘n positiewe toets. Die agentskap sê in ‘n verklaring die uitvoerende komitee het ná talle versoeke deur rolspelers besluit om dagga se status wetenskaplik te hersien. Richardson se skorsing is deur mede-atlete gekritiseer wat sê die dagga-reëling is verouderd.