Dag van die Afrika-kind herdenk

Vandag word die Dag van die Afrika-kind gevier. Die tema vir die Dag van die Afrika-kind 2022 is “Eliminating Harmful Practices Affecting Children: Progress on Policy and Practice since 2013”. Die Afrika-komitee van kundiges oor die regte en welsyn van die kind, het hierdie tema gekies vir die herdenking van die Dag van die Afrika-kind in 2022. Ingrid Husselmann, die kinderadvokaat by die Kantoor van die Ombudsman, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die Namibiese konteks.