Daar’s niks ‘snaaks’ aan ontspanningsklub van Korrektiewe Dienste nie

Van die beamptes van die Namibië Korrektiewe Dienste het hul kommer uitgespreek oor die geheimsinnigheid wat die finansiële bestuur van ‘n ontspanningsklub behels wat ‘n inkomste 1,9 miljoen Namibiese dollar ‘n jaar maak. Die hoof van die direktoraat sentrale personeel, kommissaris Sam Shaalulange het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die geld van die klub in orde is. Hy doen ‘n beroep op lede om met voorstelle vorendag te kom oor hoe die fondse bestuur moet word.