Daar’s goeie alternatiewe vir skaapprodusente – studie

Die studie oor die skaapwaardeketting wat deur die Lewendehawe Produsente Organisasie in vennootskap met Hartlief onderneem is, is byna gefinaliseer. Die studie toon definitiewe geleenthede vir internasionale markte as ’n aanvullende bemarkingsalternatief tot die bestaande Noorweegse mark. Die geleentheid is dus daar, maar heelwat uitdagings sal te bowe gekom moet word om alternatiewe markte te laat realiseer. Sodra die verslag gefinaliseer is, sal die organisasie in diepte hierdie inligting met lede deel en bespreek, sê die voorsitter, Thinus Pretorius, aan Kosmos 94.1 Nuus.