Daar was al verskeie ernstige motorongelukke die langnaweek

Verskeie ernstige motorongelukke met lewensverlies het reeds die langnaweek op van die land se hoofroetes voorgekom. Die Namibiese polisie se hoof van die verkeersafdeling, kommissaris Amalia Gawanas, maan padgebruikers om versigtig en nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie. Sy het aan Kosmos 94.1-Nuus gesê padgebruikers moet by die reëls hou om ongelukke te vermy.