‘Daar sal nog J&J-entstof vervaardig word’ – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie se bevinding bevestig, dat 2 miljoen dosisse van Johnson en Johnson se Covid-19-entstof wat by Aspen Pharmacare in die Oos-Kaap vervaardig is, nie geskik is vir gebruik nie. Ramaphosa sê Aspen sal vandeesweek begin om nog dosisse van die entstof te vervaardig. Hy sê hopelik sal dit die inentingsprogram in Suid-Afrika ‘n hupstoot gee: