Daar is uiteindelik ‘n volgehoue oplewing aan die kus

Besoekers het die langnaweek na die kusdorpe van Namibië gestroom. Volgens Anton von Wietersheim, ‘n bekende sakeman van Swakopmund, was die Paasnaweek weer eens ‘n geleentheid vir besighede om goeie sake te doen. Die kusdorpe is sedert die uitbreek van die pandemie ekonomies swaar getref, maar met talle aktiwiteite en groot sportgeleenthede wat aangebied word, is daar weer oplewing. Von Wietersheim het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.