Daar is talle vlakke van betrokkenheid by skole in Namibië

Die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Gerhard Vries, sê daar is baie wat die privaatsektor kan doen om veral landelike skole by te staan. Sy aanmerkings kom na die aankondiging van ‘n jaarlikse borgskap van 270 000 Namibiese dollar deur Uranium One vir die laerskool op Leonardville. Die fondse dien om ‘n ete ‘n dag aan die leerders te verskaf. Vries sê daar is talle vlakke van betrokkenheid.