Daar is geen dieseltekorte nie – Namcor
Namcor sê hy kan bevestig dat daar geen dieseltekorte in die land ervaar word nie. Die aankondiging kom na gerugte verlede week dat daar wel tekorte was. Volgens die maatskappy se woordvoerder, Paulo Coelho, het die vaartuie reeds in die land aangekom en daar is meer as genoeg voorraad.