Daar is 89 nuwe Covid -19 gevalle bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 89 nuwe Covid-19 gevalle in die land
bevestig.Okongo het 18, Oshakati 13, Eenhana en Engela 9 elk, Tsundi en Oskikuku 8
elk en Opuwo 7. Die res kom landwyd voor. Dis ‘n positiewe koers van 11,3%. Daar is
nog 1 334 aktiewe gevalle, 121 647 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van
126 430. Namibië se pogings om ‘n reeks COVID -19 -entstofkeuses te bied, is intussen
versterk met die aankoms van 108 000 Johnson & Johnson -dosisse. Die uitvoerende
direkteur van die gesondheidsministerie Ben Nangombe, het dit aan Kosmos 94.1
Nuus bevestig.