DA wil weet oor polisie wat aangekla is

Die DA in Suid-Afrika sê sedert 2012 is 2 057 polisiebeamptes in die Wes-Kaap aangekla van gewelddadige wangedrag en ‘n onlangse antwoord in die provinsiale wetgewer dui aan 59 van hulle staan tereg op aanklagte van seksuele aanranding. ‘n DA-lid van die wetgewer, Gillion Bosman, sê hy het verdere vrae ingedien, aangesien sekere beamptes dissiplinêr verhoor is maar geen stappe is teen hulle gedoen nie. Bosman sê 16 van die beamptes is ontslaan, 16 is onskuldig bevind, agt het bedank en klagtes teen sewe ander is teruggetrek.