DA wil weet oor die luggehalte-moniteringstasies
Die DA sê hy het aan die minister van omgewing, Barbara Creecy, geskryf om volledige inligting aan te vra oor die status van luggehalte-moniteringstasies in die land. Die departement het verlede week ‘n verslag vrygestel oor die huidige stand van die land se luggehalte-moniteringstasies. Dit toon dat 21 van die 130 regeringsbeheerde luggehalte-moniteringstasies regoor die land, buite werking is, terwyl 84 operasioneel is, maar nie voldoende data rapporteer nie. Hannah Shameema Winkler van die DA sê, hulle soek deursigtigheid van die departement: