DA wil SA brandstofprys hersien

Die Demokratiese Alliansie sê die brandstof-prysstygings vererger die uitdagings wat arm Suid-Afrikaners in die gesig staar. Die petrolprys het gister met ‘n yslike 91 sent die hoogte in geskiet tot ‘n rekordprys van 18 rand 20 sent. Die DA se skaduminister van minerale bronne en energie, Kevin Mileham, sê die party het minister Gwede Mantashe nou gevra om die huidige model te hersien waarvolgens die brandstofprys vasgestel word.