DA wen stryd na 9 jaar vir begunstigdes van Vrede Melkery

Die DA sê vandag se amptelike oorhandiging van die Vrede Melkery-projek aan die begunstigdes, is ‘n oorwinning vir die party se volgehoue stryd van nege jaar om begunstigdes te erken, en deel van die projek te maak. Die Vrystaatse leier, Roy Jankielsohn, sê die party het volgehou dat geen projek van hierdie aard kan bestaan sonder voordele vir die plaaslike gemeenskap nie. Hy sê saam met die oorhandiging kom sertifikate van eienaarskap wat aan families oorgedra word.