DA: Vrystaatse slagpale sluit weens swak infrastruktuur

Die DA in die Vrystaat vra dringende optrede weens die dreigende sluiting van die bekende slagpale in Harrismith in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit. Die sluiting sal tot die verlies van sowat 80 werksgeleenthede lei, wat ‘n uitwerking op die lewens van sowat 400 mense sal hê. Die DA-lid Eleanor Quinta sê dis ‘n direkte gevolg van die munisipaliteit se mislukking om die noodsaaklike infrastruktuur, insluitend volgehoue water- en elektrisiteitsvoorsiening, te onderhou.