DA vra vir hernuwing van rybewyse in Gauteng

Die DA in Gauteng het die LUR vir paaie en vervoer, Jacob Mamabolo, gevra om tydelik die aanlyn besprekingstelsel te skrap sodat mense wie se lisensies die einde van die maand verval, net kan instap om dit te hernu. Motoriste is bekommerd dat hulle nie betyds nuwe lisensies gaan kry nie. Fred Nel van die DA sê hulle sal dan onwettig moet bestuur omdat hulle nie aanlyn besprekings gemaak kan kry nie.