DA vra Ramaphosa om minister Mkize te ontslaan

Die DA wil hê president Cyril Ramaphosa moet die minister van Gesondheid, Zweil Mkize, onmiddellik afdank. Die party sê daar is genoeg bewyse wat hom by korrupsie betrek in ‘n beëdige verklaring wat die Spesiale Ondersoekeenheid by die Spesiale Tribunaal ingedien het. Die verslag het bevind Mkhize het by herhaling druk op die direkteur-generaal van Gesondheid, Malebona Matsoso, uitgeoefen om die beweerde onwettige kontrak met Digital Vibes te onderteken. Intussen het Mkhize se seun Dedani, ontken dat hy 3,8-miljoen-rand van ‘n media-maatskappy ontvang het. Die maatskappy, Digital Vibes, word deur Mkhize se vennoot, Tahera Mather, besit. Die minister, wat op spesial verlof geplaas is, en sy seun is na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys wat oorweeg om hulle van korrupsie aan te kla oor beweerde verdagte betalings aan hulle van Digital Vibes. Die Departement van Gesondheid het ‘n kontrak van 150-miljoen-rand aan Digital Vibes toegeken.