DA vra inligting oor Misdaadintelligensie-eenheid in Wes-Kaap

Die DA in die Wes-Kaap het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by die polisie ingedien om vas te stel wat die vermoë van die misdaadintelligensie-eenheid in die provinsie is. Dit volg nadat die polisie in ‘n skriftelike antwoord aan die lig gebring het dat hulle nie die inligting wat versoek is, kan bekend maak nie. Gillion Bosman van die DA sê die party glo die polisie het nie voldoende redes gegee om nie ‘n antwoord op hierdie saak te verskaf nie.