DA: Verwyder lemmetjiesdraad rondom parlement

Die DA het ‘n beroep op die Erfenisraad gedoen om dringend in te gryp en te versoek dat die lemmetjiesdraad wat rondom die parlement in Kaapstad opgerig is, verwyder moet word. Die polisie het die draad langs die ingang na die Kompanjiestuin by Goewermentlaan via Waalstraat aangebring. Natasha Mazzone van die DA sê die parlementêre gebied lyk soos ‘n afgesperde gevangenis en toegang tot die Tuine is beperk.