DA verwerp intelligensie-komitee vir Phala Phala

Die DA verwerp die besluit van die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula om die gesamentlike staande komitee oor Intelligensie te versoek om bepaalde bewerings te ondersoek oor die inbraak by President Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala. Die party het gevra ʼn ad hoc-komitee moet tot stand kom om die bewerings oor die inbraak by die plaas in Limpopo te ondersoek. ʼn Woordvoerder van die party, Siviwe Gwarube sê Ramaphosa moet verantwoordelik gehou word: