DA verwelkom prysplatform van 93 oktaan-petrol

Die DA het die publikasie van ‘n kennisgewing in die Staatskoerant verwelkom waarin die publiek genooi word om kommentaar te lewer op die voorgestelde plafon in die prys van 93 oktaan-petroleum. Die party sê dis ‘n direkte gevolg van volgehoue druk deur die party om die brandstofprys in Suid-Afrika ten volle te dereguleer. Kevin Mileham van die DA, sê gister se aankondiging deur die regering word verwelkom maar meer moet nog gedoen word.