DA versoek vuurwapen oudit by polisiekantore landwyd

Die DA in Gauteng het ‘n beroep op die polisie gedoen om ‘n nasionale vuurwapen oudit by alle polisiekantore in die land in te stel. Dit volg nadat berig is gewere het vanuit die Norwood-polisiekantoor in Johannesburg in die hande van ‘n bende beland wat ‘n polisiebeampte vermoor het. DA-lid, Andrew Whitfield, sê hierdie oudit moet deur die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, nagegaan word, aangesien baie polisielede medepligtig is aan die diefstal van vuurwapens of vuurwapens wat verlore gaan.