DA veroordeel ANC oor veroordeelde kinderverkragter as burgemeester aangestel is

Die DA in die Wes-Kaap het die ANC skerp gekritiseer omdat hy die veroordeelde kinderverkragter, Jeffrey Donson, as burgemeester, en die veroordeelde bedrieër, Werner Meshoa, as sy adjunk herkies het. Die party sê die stap stuur ‘n duidelike boodskap dat die regerende party nie geslagsgeweld ernstig opneem nie. Die DA sê hy is diep bekommerd omdat die ANC ‘n voorheen veroordeelde seksuele misdadiger ondersteun om politieke mag in te win.