DA: Uitlatings olie op die vuur vir Tembisa-betogings

Die DA in Gauteng sê die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, se onlangse uitlatings dat alle inwoners die reg het om te betoog, beteken net meer olie op die vuur. Sy uitlatings het gevolg na protesoptrede in Thembisa oor hoë krag- en watertariewe wat die lewens van vier mense geëis het. Fred Nel van die DA sê hoewel Maile reg is dat alle burgers die reg het om te betoog, lyk dit asof sy uitlatings die gewelddadige betogings die afgelope paar dae goedpraat.