DA: Staatsveiligheidsagentskap weier om verantwoording aan Skoor te doen

Die DA sê die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, en die Staatsveiligheidsagentskap se weiering om verantwoording aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge te doen, is onverklaarbaar en onaanvaarbaar. Skoor het in 2019, ná ‘n toesigbesoek aan Eskom, in ‘n verslag ‘n agtergrond-ondersoek aanbeveel wat deur die Nasionale Vergadering aanvaar is. Die proses het ten doel om korrupte verbintenisse tussen amptenare en verskaffers bloot te lê. Alf Lees van die DA sê dit is die tweede keer dat die agentskap weier om aan Skoor verantwoording te doen.