DA soek antwoorde oor bedrogspul in KZN-onderwys

Die DA in KwaZulu-Natal vra ‘n dringende spesiale sitting van die provinsiale wetgewer ná die Openbare Beskermer se bevinding oor ‘n ondersoek na ‘n luukse-voertuigskandaal in 2019. Die ondersoek het bevind die Departement van Onderwys het onwettig maande lank ‘n luukse voertuig gehuur vir die LUR van Onderwys, Kwazi Mshengu. Die DA se woordvoerder, Imran Keeka, sê hulle vermoed lank reeds die departement is ‘n nes van korrupsie en hierdie ondersoek se uitslag bevestig dit: