DA: Skoolkaping moet in sy spore gestuit word

Die DA vra Suid-Afrikaners om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys te stop en om skoolkaping in sy spore te stuit terwyl die spertyd vir openbare kommentaar nader kruip. ʼn Woordvoerder van die party, Baxolile Nodada, sê die parlementêre komitee oor basiese onderwys moet soveel moontlik voorleggings ontvang, wat die twyfelagtige klousules van die wetsontwerp uitwys. Nodada het bygevoeg die Bela-wetsontwerp sal die onderwyslandskap vir dekades beduidend verander, tot nadeel van die jeug.