DA sê Mpumulanga het ‘n tender-kartel

Die DA in Mpumalanga het die kantoor van die Openbare Beskermer gevra vir ‘n ondersoek na vermeende tender-onreëlmatighede by die Ekonomiese Groei-agentskap en ‘n moontlike tender-kartel in die provinsie. ‘n Konstruksiemaatskappy het in 2010 ‘n stuk grond vir 28 miljoen Suid-Afrikaanse rand van die Mbombela Plaaslike Munisipaliteit gekoop. Bosman Grobler van die DA sê die maatskappy het dieselfde stuk grond in 2019 verkoop vir 17 miljoen rand minder as wat hy daarvoor betaal het: