DA sê hy vat onteieningsgeveg internasionaal

Die DA in Suid-Afrika sê hy gaan voort met stappe om by die internasionale gemeenskap aan te dring om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om die grondhervormingsbenadering, soortgelyk aan dié van Zimbabwe en Venezuela, stop te sit, want dit sal die ekonomie vernietig. Annelie Lotriet van die party sê om die kollig internasionaal op hulle saak te plaas, het hulle die kwessie by ‘n vergadering van ‘n internasionale federasie van liberale politieke partye geopper. Sy sê ‘n resolusie is goedgekeur vir die regering om sy besluit oor die Artikel 25-wysigingswetsontwerp te hersien: