DA sê Gautengse onderwysdepartement sleep voete 

Die DA in Gauteng sê die provinsiale departement van onderwys sleep voete om al die sake rakende verkrygings-onreëlmatighede en finansiële wangedrag af te handel. Die party sê indien die sake betyds afgehandel was, sou die geld verhaal en gebruik kon word om die gehalte van leer en onderrig te verbeter. Khume Ramulifho van die DA sê slegs agt van die 29 gevalle van verkrygings-onreëlmatighede en finansiële wangedrag is afgehandel.