DA: SA het reuse-tekort aan ambulanse

Die DA sê Suid-Afrika het ‘n tekort aan 3 401 ambulanse. Van die 3 342 ambulanse wat die land wel het, kan 750 tans nie gebruik word nie weens ‘n gebrek aan onderhoud of skade weens botsings. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, het op ‘n geskrewe parlementêre vraag van die party geantwoord. Die DA-lid, Haseena Ismail, sê die party het ‘n aantal klagtes van gemeenskappe regoor die land ontvang dat mediese nooddienste lank neem om te reageer op hul oproepe, of net nie opdaag nie.