Operasieteater by Gautengse hospitaal drie maande buite werking

Die DA in Gauteng sê pasiënte by die Bheki Mlangeni-hospitaal in Jabulani, Soweto, kry swaar weens ‘n operasieteater wat reeds drie maande buite werking is. Die party sê dis ‘n simptoom van ‘n veel groter probleem by die beleërde hospitaal. Die uitvoerende hoof van die hospitaal, Ruth Mabyana, is in Oktober 2020 as voorsorgmaatreël geskors hangende ‘n aanklag van wangedrag. Die DA-lid, Jack Bloom, sê dit volg ná die beweerde verkragting van ‘n psigiatriese pasiënt.