DA onthul Cyril se ‘vuil dollars’ is nie aan SAID verklaar

Die DA-leier, John Steenhuisen, het bekendgemaak die Amerikaanse dollars wat op President Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala, in ‘n rusbank versteek is, is nie met aankoms in Suid-Afrika aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verklaar nie. Die party het die inligting regstreeks van die SAID bekom na ʼn versoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Steenhuisen sê Ramaphosa het teen die einde van verlede jaar beweer hy het 10,5 miljoen Suid-Afrikanse rand van ʼn Soedannese burger, Hazim Mustafa, ontvang as betaling vir beeste  in ʼn wettige saketransaksie.