DA nie verbaas oor styging in werkloosheid in Gauteng

Die DA in Gauteng sê hy is glad nie verbaas daar is ‘n toename in die werkloosheidsyfer in die provinsie nie. Volgens die Kwartaallikse Arbeidsmagopname wat vir die eerste kwartaal van 2022 vrygestel is, staan die werkloosheidsyfer in die provinsie tans op 36,7 persent. Die DA-lid, Makashule Gana, sê daar is nou 2,6 miljoen werklose inwoners in Gauteng, en 680 000 werksoekers wat die handdoek ingegooi het.