DA nader Mededingingskommissie oor SAL-Takatso ooreenkoms

Die DA sê hy gaan die Mededingingskommissie vra om vas te stel of die Takatso-konsortium die ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Lugdiens onder valse finansiële voorwendsels aangegaan het. Dit volg nadat Gidon Novick uit die Takatso-raad bedank het en ‘n gebrek aan deursigtigheid in die SAA-ooreenkoms as rede aanvoer. Daar is in Junie verlede jaar besluit die regering sou ‘n 49-persent aandeel in die lugdiens koop met 51-persent in Takatso se besit. ‘n DA-woordvoerder, Ghaleb Cachalia, sê die konsortium kan dalk nie die vereiste fondse kry om hulle kant van die ooreenkoms na te kom nie: